Grappie

Dit was onthaal-aand by die ouetehuis, en Klaas die hipnotiseur is
genooi om die ou mensies te vermaak.

Hy verduidelik: “Ek gaan julle almal in ‘n beswyming laat verval en
julle gaan dan presies maak soos ek sê.”

Die opgewondenheid loop hoog en Klaas haal sy pragtige antieke
sakhorlosie uit sy sak en begin dit heen-en-weer swaai op die verhoog.

“Hierdie horlosie is al 200 jaar in ons familie. Ek wil hê julle moet
stip na die horlosie kyk. Sien hoe dit heen-en-weer beweeg. Links en
regs,
heen-en-weer, voel hoe julle julself oorgee aan die beweging,
heen-en-weer, heen-en-weer”

Die oumense raak vasgevang in die heen-en-weer beweging van die
horlosie.
Honderde oë volg die heen-en-weer beweging en verval in ‘n beswyming
totdat die horlosie per ongeluk uit Klaas se vingers glip en op die
vloer stukkend val.

“Kak!” skree Klaas

Dit het drie weke gevat om die ouetehuis weer heeltemal skoon te kry.

ToobLippe Tobie is the founder of ToobLippe. This site started as an experiment in tinkering with SEO, Python, PHP. He has an interest in all things technical, interwebbie, gym stuff, parties etc. He has been seen at work a coupe of times this year, and has heard he has a type 8 personality. More about Tobie

Trackback URL

No Comments on "Grappie"

Hi Stranger, leave a comment:

ALLOWED XHTML TAGS:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Subscribe to Comments