Piet Retief op Facebook

Ek laaiks die kwaai….

Continue reading...

Nou vir die iPad

Ek is n laat aan nemer van tegnologie. Now from ipad! Miskien bring ons vir julle n bietjie meer nuus. Watch this space. tooblippe.

Continue reading...

Brein poep 1 – Jan word wakker

Inleiding

Volg Jan soos hy wakker word en probeer sin maak uit n lee bestaan? Hoe kom ek hier en hoekom is die songod Ra depressed?

Waarom is daar n opegewonde posbus in Knysna? Wat maak daai geraas  en wat de donder stink so?

Hoofstuk 1 – Onwaak

Jan word wakker

Jan maak sy oe oop. Dis net sy oe wat oopgegaan het. Niks anders registreer nie. Die ligstrale wat op sy retina val spartel rond op die oppervlak, soos kinders in n waterpoel.
Na twee minute besef the ligstrale hulle mors hulle tyd, en besluit om bietjie te verken. Donkerte sak weer neer op Jan.

Die ligstrale hardloop oor die pad, sonder om eers links en regs en dan weer links te kyk. Lig is n vreemde ding. Dit beweeg vinnig. Nee lig beweeg regtig baie vinnig. n Redelike resep vir n deurstampie.

Sommige ouens met brille en grys hare reken dat lig so vinnig soos die spoed van lig beweeg. Die probleem daarmee is dat toe die trok om die draai kom in Tarentaal singel, die bestuurder geen kans gehad het om die lig mis te ry nie*.Die ligstrale tref hom reguit in sy goeie oog. Die ander oog, verlore in n dronk visvang sessie in Henties sou die spektakel wat volg wardeer. Die goeie oog neem strale in. Strale verblind die bestuurder se prentjie prosessor. Trok tref paal. Paal buig om. Die uit einde is eintlik net n moerse slag en n ongelukkige paal. Snaaks dat verveelde lig soveel kak kan aanjaag**. Ongelikkige pale is n ander storie.(Dis is alom bekend in verligte kringe dat gebuigde lamp pale die derde mees onaanvaarbare voorvereiste vir vrede in die heelal is)

Jan maak weer sy oe oop soos die klank van metaal op metaal sy oor goeters vibreer. Hy probeer sy mond beweeg maar sy tong sit aan sy onder tande en verhemelte vas. Sy brein begin stadig maar seker impulsies rond stuur. Dit vat maar tyd. n Hele klomp ligstrale wat so 8 minute terug die son verlaat het, tref sy oe. Gemotiveerd om n verskil te maak die keer, bly die lig en spring aan die werk  - wel miskien tot kersfees besluit hulle. Die impulse beweeg viniger, en die eerste straal lig maak n deurbraak. Reg deur die retina, tot by die prentjie plek in die brein.

Sonder om te beweeg, wonder Jan hoekom hy op die stoep sit. Hy lig sy kop stadig. Binne in sy brein kom n belangrike sel aangehardloop met n hammer en n beitel. Die sel het net so 2 tot 3 sekondes tot na eerste beweging van die mens om sy werk uit te voer***. Die beiteltjie word stadig teen Jan se oogbal geplaas. Die sel trek die hammer terug en laat val n hou. “Ek haat die werk”, reken die sel en begin draf na die prostaat. Hy weet hy moet begin kiele, anders is daar weer n vloed vandag. (Die ander breinselle kry hom jammer. Hy doen sy werk so goed, maar almal weet dit is omdat hy die stadige een is. Sy tyd is min, en Jan het hom amper gisteraand verwoes.  Hy is n goeie pa vir sy 16,000,000 kinders. Hulle deel alles. Sy naam is Bertie, Bertie breinsel)

Die Stoel waarop Jan sit begin ongemaklik raak. “Die perd moet nou beweeg”, dink die Stoel. Sy hol stink. Die stoel kon nie weet dat dit nie Jan se skuld is dat jy so stink nie. Die stoel kon ook nie weet wat spesifiek so stink nie. Die stoel het ook nie versaan hoekom daar orals bloed was nie. Al wat die stoel weet is dat Jan hom 3:40 vanoggend wakker gemaak het met n sigaret in die een hand, en n warm Black Label quart in die ander hand. Dis nie aldag lekker om n stoel te wees nie.  Veral nie materiaal stoele nie dink die plastiek stoel waarop Jan sit. Materiaal stoele hou die water en poep baie langer in. “Wel dan is dit nou vandag n rede om bly te wees”, reken die plastiek stoel.” Ek sal more weer lekker ruik.”

Al hoe meer ligstrale ariveer. Dit was alweer n stadige oggend op die son. n Paar ligstrale het n paar jaar gelede die aarde ontsnap. Spesifiek Suid-Afrikaanse lig. Daarna was stakings n gereelde verskying op die son. Vanoggend was geen uitsondering nie. Dit was ook die rede hoekom Ra, die songod vanoggend Prozak gaan koop het.

Dit was altyd so maklik om mense met hierdie son god storie te verblind. Maar nou met stakings op die son, en minimum wekstye raak dit moeilik. n God kan nie bekostig om aansien te verloor nie en Ra weet dit. Wat Ra nie om daardie stadium verstaan het nie, is dat die Prozak en pille al reeds veroorsaak het dat n posbus n geheim dra en n mens iewers op aarde onmenslik stink. “Dis net baie onregverdig jy weet”, praat Ra met homself en gaan sit in n hoekie en huil. Dit sou later bekend word dat die dag die koudste dag op aarde was sedert al die ander diere lank terug gevries het. Dit sou net onmoontlik wees vir iemand om ooit die rede daarvoor te verstaan.

Jan kyk om hom rond. Sweet loop teen sy linker wang af. Ja, Jan se huisie is noord kykend! “Jirre maar dis warm”, dink hy. n Senuwee trek saam en sy lippe begin die vorm van n glimlag aanneem. “Ja pappies, Oudshoorn raak warm. Baie warm”, dink hy en glimlag voort. Jan knip sy oe. Hy kry dit reg om sy tong los te trek, en begin sy mond op en af beweeg. Droog. Jan wonder by homself, hoekom hy reken Oudshoorn is so warm. Hy bly dan nie eens daar nie. Hel hy was nog nie eens daar nie!

Hy sien die bottel in sy hand, en kyk na die yard. Met n verbysterende gesmart kry hy n slim gedagte uit.

“Wat soek ek hier, en wat de fok stink so?”

Dit sou vir Jan ontmoontlik wees om daardie vraag ooit op sy eie te antwoord. Die enigste een wat die geheim kan ontmasker is die posbus. Wel nou nie Jan se posbus nie, maar n posbus in Knysna. Dit sou n hele reeks onwaarskynlike gebeurtenisse kos om die storie uit te figure.

“Haai kyk n trok het in n paal vas gery”, dink die selle in Jan se kop vir hom. Die bytel sel het sopas die 30 sel kilometer afgele en was net bedyds op te begin beitel in Jan se prostaat.

“Ag wel, ek moet seker opstaan en pie”, dink Jan. Dit was makliker gese as gedaan, en n hele nuwe reeks breinselle kom aangehardloop…….

——————————————————————————————————————-

Notas

———

*Wel hy het n kans gehad, maar as mens dit wiskundig uitwerk was dit 5,000,000 teen 1, wat eintlik maar net n fancy manier is om te se “FOKKOL KANS”

** Dis eintlik waar vir al baie natuurlike elemente. Ledigheid is die duiwel se oorkussing. Dit is maar waneer wolke verveeld word dat hulle so bietjie teen mekaar skuur en dan spat die vonke. En van al die gevryf moet daar seker iets vrygestel word. Gee tog net n bietjie reen.

*** Brein selle is deesdae multiskilled, en die spesifieke sel sal later nog moet help water afslaan.

———————————————————————————————————————

Continue reading...

Planning to travel from China to Japan?

If you are planning to travel from China to Japan soon, remember to visit Google Maps for step by step instructions on how to get there.  Oh and also remember to take enough fuel for that Jet Ski!

(Click on image to enlarge)

Continue reading...

, , , ,

Ubuntu time

The next version of Ubuntu is coming soon

Continue reading...

Dis net grappies julle

  • Koos maak ‘n ongeluk. Hy se vir die polisieman: “Ek vermoed die bestuurder van die ander kar is dronk.” Polisieman: “Ai meneer, die ander kar is dan ‘n koei…..!”
  • Mike vra Kallie – Is Portugal ver? Kallie se nee, hy glo nie, want daar was Portugese saam met hom op skool en hulle het almal met fietse gery!
  • Man hardloop kaal in die bos. Twee olifante sien hom. Een sê:’
    Kyk hoe maer is hy!’ Die ander een sê: ‘ G’n wonder nie, kyk waarmee moet hy eet!’
     
  • Man vat sy siek vrou Dokter toe. Na die ondersoek sê die Dokter vir man, ‘Ons het hier met ‘n baie lelike ding te doen.’  Man sê: ‘ek weet Dok, maar sy is regtig goed vir die kinders’. 
  • Tannie vang oom met Playboy: “En wat is dit die?”
     ”Ag, ou vrou, dis soos ‘n Getaway tydskrif, ‘n mens sien die mooiste plekke waar jy nooit sal kom nie!”
     
  • AVBOB ADVERTENSIE:
    Koop jou gat nou en sien hom later!

Continue reading...


Lekker braai

Hier’s nou ‘n braai waar  mens lekker kan sit en kak praat…

 Thanks Cas

Continue reading...

Analia

Continue reading...

Boer soek n vrou! Alweer

Continue reading...

The new Greenpoint stadium

Continue reading...

prev posts prev posts